Bulletjie Rugby

BULLETJIE RUGBY 0/8 SEUNS

“ MY SEUN MOET VOLGENDE JAAR “TACKLE”

HET HY DIE NODIGE VAARDIGHEDE?

Ons poog by uitstek daarin om ‘n verskil in leerders se lewens te maak met die ervaring wat die kinders hier beleef.

Die wild wat op die plaas voorkom is te veel om op te noem, maar van die belangrikste is:

  • Gebasterde gemsbokke
  • Goue wildebeeste
  • Goue zebra’s
  • Swart rooibokke
  • Leeus (In kampe)
  • Buffels
  • Kameelperde

Zwartkloof bied kursusse aan vir pa en seun waar al die aspekte aangespreek word om die seun gereed te kry vir volgende jaar se uitdaging waar die seun vir die eerste keer werklik te doen gaan kry met kontak in rugby. Die idee is ook om pa en seun se verhouding verder uit te bou, ook t.o.v. die rugby.

Wie bied die program aan?
Johan Schoeman en sy span afrigters.

Wie is Johan Schoeman?

  • Johan Schoeman is ‘n oud Blou Bul Administrateur wat 26 jaar in diens van die BBRU gestaan het met die portefeulje : Bestuurder Spelbevordering
  • In die tydperk het Johan die bekende Bulletjie Rugby geloods wat vandag kan spog as die grootste Mini Rugby projek wêreldwyd vir o/6 - o/8 spelers
  • Saam met die Projek was hy ook verantwoordelik vir die samestelling van die Bulletjie afrigtershandleiding wat regoor SA gebruik word
  • Johan was ook betrokke met die samestelling van ‘n sillabus vir die aanleer van kontakvaardighede vir beginner rugbyspelers ( o/9 ) wat geakrediteer is deur die BBRU en Wêreld Rugby

Wat behels die program?

  • Die aanleer van basiese vaardighede is van kardinale belang vir beginner rugbyspelers en is die volgende kategorieë van toepassing :
    • Hanteringsvaardighede
    • Kontakvaardighede
    • Hardloopvaardighede
    • Skopvaardighede
  • Dit is van uiterste belang dat kontakvaardighede vir die beginner rugbyspeler korrek aangeleer word sodat die speler die spel met selfvertroue en oorgawe kan speel. Veiligheid is hier van kardinale belang
  • Dit is kommerwekkend dat die komponent van die spel by tye deur sommige afrigters agterweë gelaat word, met die gevolg dat van die spelers nie oor die nodige kontakvaardighede beskik nie en vatbaar kan wees vir onnodige beserings
  • Tydens die oefenkamp gaan die volgende kategorieë van kontak aangespreek word in die konteks van ‘n progressiewe lesstruktuur:
    • Kontak met die grond
    • Kontak met n ander speler
    • Kontak met ‘n ander speler op die grond
  • Kontakvaardighede gaan ontwikkel word d.m.v. die volgende oefenkomponente nl:
    • Rol, val, trek, stoot, stoei, blok en duik
  • Ons glo dat die spelers wat die oefenkamp bywoon kontakvaardig gereed verklaar kan word en die volgende rugbyseisoen met vertroue binne kan gaan.

Saam met die rugby is daar ook heelwat aktiwiteite wat vir die seuns aangebied word.

Ons stel voor dat u so gou moontlik bespreek aangesien hierdie kursusse baie gewild is en iets aanspreek waar daar werklik ‘n behoefte is. U kan gerus vir Jenny skakel by 014 736 2825 / 072 617 6390 om ‘n kwotasie aan te vra en die nodige bespreking vir die spesifieke datum te doen.

Kostes: Die kostes is slegs R1600 vir pa en seun saam vir die naweek en sluit dan die volgende in:

  • Vrydag aandete
  • Saterdag 3 etes
  • Sondag oggend ontbyt
  • Akkommodasie
  • “Game Drives”
  • Alle aktiwiteite
  • Alle Afrigting
  • Sertifikaat vir seuns

 

Event Dates

  • from 06-Sep-2020 to 08-Sep-2020
  • from 30-Aug-2020 to 01-Sep-2020
  • from 09-Aug-2020 to 11-Aug-2020
  • from 02-Aug-2020 to 04-Aug-2020
  • from 26-Jul-2020 to 28-Jul-2020
  • from 19-Jul-2020 to 21-Jul-2020
  • from 12-Jul-2020 to 14-Jul-2020